{"product_id":"9781928283584","title":"Sneeu in die Karoo","description":"\u003cp\u003e’n Nuwe novelle van die gewilde skrywer Jeanne Goosen het op 26 Augustus by Hemel \u0026amp; See Boeke verskyn. Sneeu in die Karoo is ’n uiters rare boek, waarin twee novelles in een band verskyn: Eerstens Jeanne Goosen se beskrywing van ’n maand se verblyf in Nieu-Bethesda. Sy gaan juis na dié klein Karoodorpie om te skryf en neem haar huishulp, Agnes Morao, saam. \u003cbr\u003eOm Agnes besig te hou, koop Jeanne vir haar ’n Croxley oefenboek en ’n pen. Agnes begin skryf oor alles wat sy in Nieu-Bethesda ervaar – en oor haar kinderdae – terwyl die eintlike skrywer, Jeanne Goosen, nie aan die werk kan kom nie.\u003cbr\u003eDie verskyning van Agnes se boek in een band saam met Jeanne Goosen se novelle is heel waarskynlik ’n eerste in wêreldletterkunde! \u003cbr\u003eGoosen is die bekende skrywer van, onder andere, Ons is nie almal so nie, ’n Pawpaw vir my darling en die digbundel, Het jy geweet ek kan toor. ’n Biografie, Jeanne Goosen – ’n Lewe vol sinne, deur Petrovna Metelerkamp, het in 2020 by Hemel \u0026amp; See Boeke verskyn.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jeanne+Goosen\" class=\"contributor-link\"\u003eJeanne Goosen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jeanne Goosen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379354550435,"sku":"9781928283584","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928283584_80fa77fc-942b-4eca-8c06-57c77f9de6d4.jpg?v=1776616164","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928283584","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}