{"product_id":"9781928363057","title":"Ta-Da!","description":"\u003cp\u003eTA-DA! Die beste uit die Tuis-kombuis \u003cbr\u003eAs jy jou gaste wil beïndruk, maar nie ure voor die stoof wil deurbring nie, is Ta Da! net die kookboek vir jou. Tuis, Suid-Afrika se voorste dekor- en tuingids, se resepte is ewe gewild as hulle mooimaakplanne. Dié tydskrif se kosredakteur, Johané Neilson, het die resep vervolmaak om met maklike truuks indrukwekkende kos voor te sit. Sy deel handige wenke vir hoe om die ta-da! in 'n gewone dis te sit en dit moeiteloos soos 'n Michelin-maal te laat lyk. Die boek is ingedeel volgens die seisoene en bevat alles van ligte somersmaaltye tot koesterende winterskos, resepte vir bykosse en liplekker nageregte. Daar is alles van kerrieviskoekies en potgebraaide bief met spek en biltong tot botterskorsie-rolkoek en klapperkoek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johan%C3%A9+Neilson\" class=\"contributor-link\"\u003eJohané Neilson\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johané Neilson","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376666951843,"sku":"9781928363057","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928363057_dabf74b3-7a51-4b3d-8485-40020bc4045b.jpg?v=1776616388","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928363057","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}