{"product_id":"9781928426127","title":"Waar rats die Ribbok gaan...Briewe van Elsabe Steenberg","description":"\u003cp\u003eElsabe Steenberg was die suster van André P. Brink en self ‘n gewilde en bekroonde Afrikaanse skrywer, veral bekend vir haar kinder- en jeugliteratuur. Sy het egter\u003cbr\u003eook, onder andere, kortverhale en dramas geskryf. Sy is met veelvuldige sklerose gediagnoseer, maar het ten spyte daarvan aangehou skryf. \u003cbr\u003eSy sou hierdie jaar haar 80ste verjaarsdag gevier het. Hierdie is ‘n herdenkingsbundel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVir die uitsonderlike wyse waarop sy kinder- en jeugliteratuur in Suid-Afrika bevorder kry sy verskeie spesiale toekennings: \u003cbr\u003e  Die Potchefstroomse Stadsraad vereer haar in  1990 met ‘n Gratia-toekenning, \u003cbr\u003e   Die Potchefstroomse Universiteit vir CHO gee in 1993 ‘n erkentlikheid-oorkonde aan haar \u003cbr\u003e   Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer haar met ‘n besondere erepenning in 1993.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie is ‘n versameling briewe wat Elsabe geskryf het aan Elizabeth Venter, die samesteller se vrou. Dit vertel die verhaal van die Steenberg-gesin oor meer as 30 jaar,\u003cbr\u003eElsabe se skryfwerk, haar werk as dosent in Potchefstroom- en haar uitmergelende siekte.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie gevierde en bekroonde skryfster is in 1996 aan veelvuldige sklerose oorlede. Haar laaste brief aan Elizabeth is ‘n maand vroeër geskryf.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sarel+Venter(Samesteller)\" class=\"contributor-link\"\u003eSarel Venter(Samesteller)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sarel Venter(Samesteller)","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376536535203,"sku":"9781928426127","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928426127_c99ba29d-d98e-42e7-8c3a-1a4620202996.jpg?v=1776616800","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928426127","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}