{"product_id":"9781928518365","title":"Pleks Van Plaas","description":"\u003cp\u003eJerzy Koch, vertaler, digter, akademikus, is hoof van die Afdeling Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies by die Fakulteit Engels van A. Mickiewicz-Universiteit in Poznań. Hy doseer veral Nederlandse literatuur, koloniale literatuur en Afrikaans. Hy is ook die skrywer van ’n omvattende literatuurgeskiedenis oor Afrikaans. Hy besoek Suid-Afrika gereeld sedert 1992 en het die Afrikaanse taal sodanig sy eie gemaak dat hy dit vlot praat en gedigte daarin skryf. Hy het werke vertaal van H. Claus, J. Bernlef, H. de Coninck, S. Hertmans, G. Kouwenaar, Lucebert, H. Mulisch, Multatuli, L. Nolens, P. Rodenko, F. Timmermans e.a. Vir sy vertaal-oeuvre het hy in die Lae Lande die M. Nijhoff-prys ontvang. Hy het ook Ingrid Jonker (1993) vertaal en sy onlangse vertalings in Poolse is bloemlesings uit Antjie Krog (2017) en Breyten Breytenbach (2018) se gedigte. In sy digbundel Pleks van plaas skryf hy onder meer oor sy familiegeskiedenis in Pole, maar die grootste deel van die bundel word in beslag geneem deur verse oor Suid-Afrika. Indrukwekkend is veral die seegedigte. Dit is nie net die branders wat sy “oor vang en oorrompel” nie, maar ook die Afrikaanse taal.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jerzy+Koch\" class=\"contributor-link\"\u003eJerzy Koch\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jerzy Koch","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379538444451,"sku":"9781928518365","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928518365_8b30e5ad-5996-49ec-ba80-8d6dfdb0aa0d.jpg?v=1776618321","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928518365","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}