{"product_id":"9781928518419","title":"Kruis van Liefde: 'n Paasspel","description":"\u003cp\u003eDie lyding van Jesus as voorspel tot sy opstanding is die spil waarom die Christelike Evangelie draai. Die Paasgebeure is egter tot nog toe betreklik selde in die Afrikaanse poësie vergestalt, veral vir die gewone leser.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKruis van liefde is 'n bundel toeganklike Paasgedigte of -liedtekste deur twee gevestigde Afrikaanse digters, Hans du Plessis en Bernard Odendaal (onderskeidelik die voormalige en huidige direkteur van die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit. Dit behels poësietekste oor die kruisiging self en sluit sewe afsonderlike verse oor Jesus se kruiswoorde in. Hulle staan ingebed in ŉ toneelteks met dialoog tussen die “sondaar”-figure Barabas en Salome.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verse word op die gewone leser gerig en is so geskryf dat dele of die geheel daarvan oor die Paastyd met vrug deur gemeentes en skole in Paasvierings gebruik kan word. Die poësietekste is ook reeds op twee vlakke getoonset: deur Franco Prinsloo as 'n oratorium vir koor en ensemble, en deur Lizanne Barnard om as 'n musiekteaterstuk te dien.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hans+du+Plessis\" class=\"contributor-link\"\u003eHans du Plessis\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bernard+Odendaal\" class=\"contributor-link\"\u003eBernard Odendaal\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hans du Plessis,Bernard Odendaal","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381382889635,"sku":"9781928518419","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928518419_d6d50ced-eb1c-4529-8e60-bbe74fa23457.jpg?v=1776618326","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928518419","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}