{"product_id":"9781928518839","title":"Die land brand en die koning lig 'n Bells","description":"\u003cp\u003eCovid-19 kry die wêreld in sy mag en groei tot 'n orkaan van ongekende omvang. Almal is saam in die storm, maar in verskillende bootjies. Sommige is eensaam en alleen in 'n bootjie; in ander bote is daar te veel mense vir die beperkte ruimte. Mense raak benoud. Benoude katte maak benoude spronge. Wanneer die lewe jou uit die bekende grond van 'n bepaalde bestaan ruk en sonder waarskuwing op 'n onbekende plek laat val, kan jy uithaak. Dan begin dinge komieklik raak. 'n Bevolking in huisarres - gevangenes sonder 'n misdaadrekord. Terwyl die misdadigers op vrye voet is - besig om die septer te swaai en die land te verwoes. Verskroeide aarde onder kwarantyn. Honger mense se kos word gesteel deur dié wie se spense oorvol is. Mense wat absurde wette oortree, kry 'n misdaadrekord. Vir party word dit pikker as pikswart; ander strek hulle hande uit om elke nuwe dag te omhels. Hierdie boek kyk na dit wat as buite-normaal, skokkend, tragies, ongemaklik of komies ervaar is in die ses maande vanaf vlak vyf tot vlak een van die pandemie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Susan+Fourie\" class=\"contributor-link\"\u003eSusan Fourie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Susan Fourie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379392299171,"sku":"9781928518839","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928518839_0af24bd5-ce53-4c48-8ff9-e221caee51fb.jpg?v=1776618348","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928518839","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}