{"product_id":"9781928530039","title":"Davy Samaai- Kampioen van die 'Struggle'","description":"\u003cp\u003eHierdie boek is die verhaal van ’n baie besonderse man: ’n Begaafde musiekonderwyser vir 44 jaar, ’n toegewyde skoolhoof vir 21 jaar, ’n koorleier vir 50 jaar, sy kerk se orrelis vir 60 jaar, die nie-rassige Suid-Afrikaanse tenniskampioen vir ’n ononderbroke 21 jaar en die eerste swart Suid-Afrikaner wat kon kwalifiseer vir Wimbledon. So baie talente in een man: David Samaai.\u003cbr\u003eDie skrywer neem die leser op ’n fassinerende reis deur die lewe van Davy (soos hy in die volksmond bekend gestaan het) wat sy loopbaan begin het in die strate van die sprokiesagtige woonbuurt met die mooi naam Die Ou Tuin op die bank van die skilderagtige Bergrivier. Maar weens die Groepsgebiedewet en apartheid, is sy gemeenskap gedwing om te trek na die ander kant van die rivier wat bekend gestaan het as Die Rug - vandag Paarl-Oos. Vir baie was dit die einde van hul bestaan. Maar vir David Samaai was dit alles behalwe game, set and match.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Michael+le+Cordeur\" class=\"contributor-link\"\u003eMichael le Cordeur\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Michael le Cordeur","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47524498374819,"sku":"9781928530039","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928530039_2910e2ec-59ff-48f4-8566-94637368255f.jpg?v=1776618406","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928530039","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}