{"product_id":"9781928530633","title":"Wat ek van klippe weet","description":"\u003cp\u003eGedigte van Jan Wagner (gebore 1971), die veel bekroonde en by die leserspubliek waarskynlik die gewildste hedendaagse Duitse digter, verskyn nou vir die eerste keer in Afrikaanse vertaling.\u003cbr\u003eUniek in Afrikaans bevat hierdie enkele bundel vaste digvorms soos die sonnet, kwatryngedig, Sapfiese strofe, sestina, tersine, villanelle, haikoe en rondeel, maar ook die vrye vers en prosagedig.\u003cbr\u003eUniek is ook dat die Afrikaanse vertalings Wagner se omvangryke en speelse gebruik van tradisionele rymvorme, maar ook ongewone rymvorme soos die skuinsrym, pararym en anagramrym weergee.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRobert Schall is in Duitsland gebore en het daar groot geword. Hy het aan die Universiteite Karlsruhe (Duitsland) en Kaapstad gestudeer, en was Professor in Wiskundige Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat tot sy aftrede in 2018.\u003cbr\u003eHy het GR von Wielligh se Boesmanstories in Duits vertaal as Die Sterne sind glühende Kohlen und Asche, gepubliseer in 2005. Sy vertalings van Afrikaanse gedigte in Duits en Duitse gedigte in Afrikaans het in die letterkundige tydskrif Stilet en op versindaba.co.za verskyn. Hy het Jan Wagner se gedigte vertaal as deel van ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jan+Wagner\" class=\"contributor-link\"\u003eJan Wagner\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jan Wagner","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379476742307,"sku":"9781928530633","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928530633_6778b4b6-a501-4388-aeb4-a0bcef98599d.jpg?v=1776618505","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928530633","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}