{"product_id":"9781928530855","title":"Vrugbeginsel","description":"\u003cp\u003eDie titel verwys na 'n tipiese vrugbeginsel van 'n plant.\u003cbr\u003eDie vrugbeginsel sit in die hart van die blom en daaruit ontwikkel die vrug wat uiteindelik ryp word en weer saad voortbring.\u003cbr\u003e'n Gedig kan die begin van 'n vrug vir die leser wees - 'n vrug van verbeelding, van 'n beter soort verstaan van die wêreld om jou.\u003cbr\u003eDe Waal Venter is in 1942 in Pretoria gebore. Hy het sy loopbaan begin as tydskrifjoernalis. Daarna was hy omroeper by die SAUK, en daarna kopie-skrywer by reklameagentskappe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHy het in verskeie genres gepubliseer: poësie, kinderboeke, jeugromans, TV- en radio-vervolgverhale, film, literêre kortverhale en verhoogdrama. In 1984 het hy 'n erepennning ontvang vir sy radiodrama “Die werklike Buys Buys”. Sy ander radiodramas het ook Idem-pryse verower.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy jongste digbundel, “Oop sirkel”, het in 2017 verskyn en 'n bundel verse van Pablo Neruda wat hy uit Spaans vertaal het, “Vandag is boordensvol” het in 2019 verskyn, albei by Naledi. In 2020 word die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Prys vir Vertaalwerk aan “Vandag is boordensvol” toegeken.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+De+Waal+Venter\" class=\"contributor-link\"\u003eDe Waal Venter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"De Waal Venter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379476152483,"sku":"9781928530855","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928530855_a6fe8809-e4a1-4098-9e9e-a3f971cd9b0b.jpg?v=1776618547","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928530855","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}