{"product_id":"9781928530886","title":"Aarde na firmament","description":"\u003cp\u003eAarde na firmament is as 't ware 'n pandemiebundel, waarvan die meeste gedigte in die inperkingstyd geskryf is. In die afsondering van 2020 en 2021 het Lina Spies 'n hernude band met die aarde gevoel en dikwels troos gevind by haar geliefde kat, Mouschi. In die drie pandemiegedigte prys sy die manier waarop diere die aarde plek-plek as habitat heringeneem het eerder as om te fokus op die verskrikking van die virus en die noodwendige eensaamheid en vervreemding van medemens, familie en vriende.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie sigbare firmament is verbonde aan die vaste aarde. Uit dié verbintenis met die aarde is die liefde vir die natuur en Stellenbosch twee ander sterk temas. Daarmee saam kom Lina se jare lange waardering vir klassieke musiek en letterkunde. Elke gedig verwoord 'n eg menslike ervaring, met 'n inherente ritme en musikaliteit.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lina+Spies\" class=\"contributor-link\"\u003eLina Spies\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lina Spies","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375742140579,"sku":"9781928530886","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928530886_ba773bb0-c146-498f-acf7-d01308763059.jpg?v=1776618556","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928530886","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}