{"product_id":"9781928530923","title":"Tussen die hamer en die aambeeld met alzheimers","description":"\u003cp\u003eAlzheimers, soos ons as gesin dit die afgelope paar jaar leer ken het, is 'n wrede, aftakelende siekte wat die slagoffer stadig maar seker bekruip en onverwags inhaal, sy gedagtewêreld in beslag neem, sy geheue met hom laat parte speel en dan, mettertyd, sy hele menswees stukkie vir stukkie in besit neem.\u003cbr\u003eDis 'n geheimsinnige siekte wat die persoon in 'n totaal ander mens verander as die een wat jy geken het. Dis 'n uitmergelende siekte wat die persoon se dierbares laat voel dat hulle letterlik tussen die hamer en die aambeeld beland het.\u003cbr\u003eDie doel van hierdie boek is om in alle opregtheid ander te help wie se geliefdes deur alzheimers getref word en vir wie dit, net soos vir ons gesin, 'n vreemde siekte is. Ons vertrou dat hulle versterk sal word op hul pad met Alzheimer se siekte want 'n maklike pad is dit beslis nie.\u003cbr\u003e***\u003cbr\u003eWilna Hugo het in die Montagu-distrik grootgeword en het sedert haar hoërskooldae 'n liefde vir skryf gehad. Dit was egter eers ná haar aftrede dat sy begin gedigte skryf het, asook kort artikels en kinderstories.\u003cbr\u003eSy was vir 'n hele paar jaar lid van die Woordgilde in wie se bundels van haar gedigte verskyn het. Sy publiseer ook 'n gedig in die 5de Bloemlesing, Teater van die Verlore Tyd, van die Breedevallei Dichters (2012).\u003cbr\u003e'n Klompie van haar geestelike gedigte is, sommer vir die gesin, in 'n bundeltjie So diep afhanklik saamgevat.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wilna+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eWilna Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wilna Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380716159139,"sku":"9781928530923","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781928530923_5d40377f-afe6-4f4e-8c13-2f3da89f24f8.jpg?v=1776618566","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781928530923","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}