{"product_id":"9781991241078","title":"`n Bietjie Hoop","description":"\u003cp\u003eSoms begin hoop met 'n ooreenkoms en eindig dit met liefde\u003cbr\u003eWat moet 'n vrou doen wanneer sy haar beste vriendin en haar kêrel betrap waar hulle seks het op haar antieke tafeltjie - en dit nogal op haar verjaarsdag? Vind die naaste kroeg in Glasgow om haar sorge te verdrink, natuurlik. Sy sal ook nie nee sê vir 'n stout seun as 'n vroeë Kersgeskenk nie.\u003cbr\u003eWat Jenna Meyer nie nodig het nie, is om deur die goeie ou gered te word. Of dalk het sy. Hoekom anders sou sy dan die volgende oggend in 'n vreemdeling se bed wakker word - een met 'n aanbod wat net te aanloklik is om te weier?\u003cbr\u003eBen Alexander probeer sy rugbyloopbaan in Skotland herbou, ver weg van die hartseer wat hy op 'n plaas in Afrika agtergelaat het.\u003cbr\u003eSy naaste familie is egter bekommerd oor hom. Die perfekte oplossing is om Jenna te help, dan sal almal hopelik ophou om aan hom te karring. En, met haar as sy kamma-meisie, kan dit dalk net help om deur hierdie Kersfees te kom. Dis eintlik 'n wen-wen-situasie vir albei van hulle.\u003cbr\u003eKan twee gebroke mense vreugde in die feesgety vind en dalk 'n bietjie hoop vir die toekoms?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Francine+Beaton\" class=\"contributor-link\"\u003eFrancine Beaton\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Francine Beaton","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47577245876387,"sku":"9781991241078","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991241801_4a287cd6-0750-4b2a-ae48-21699152a0ec.jpg?v=1777055244","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991241078","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}