{"product_id":"9781991241207","title":"`n Huis vir Jannes: `n Pad na Glorie Romanse","description":"\u003cp\u003eJannes Benadé en Estie Krause het ‘n lang geskiedenis; eerste skooldag, eerste soen op Jannes se sestiende verjaarsdag en ’n nuutgevonde verhouding ... wat gekortwiek word deur die verhuising van die Benade’s na Nieu-Seeland.\u003cbr\u003eHartgebroke bevind Estie haarself swanger na ‘n kortstondige verhouding met ’n student. Haar en Riekert se ouers dring aan op ‘n huwelik. Die sestienjarige bruid gee in, al weet sy dat hul huwelik nie enige kans het op sukses nie.\u003cbr\u003eJare daarna keer Estie en haar seun, Anrich, terug na Suid-Afrika en skep ‘n nuwe lewe tussen die Jakarandas van Pretoria.\u003cbr\u003eJannes aanvaar die Wildehonde se aanbod vir ’n rugby-kontrak. Sy verblyfreëlings in Pretoria lê veilig in sy ma se hande. Miskien moes hy van beter geweet het.\u003cbr\u003eToe Estie die deur vir haar ma se onbekende gas oopmaak, spoel soveel emosies deur die twee eertydse vriende, waaronder vreugde, vrees, pyn en opgewondenheid.\u003cbr\u003eTyd is egter ‘n groot geneser. Die vriendskap hervat maklik, maar Estie bly onseker of sy weer haar hart vir Jannes kan gee.\u003cbr\u003eJannes is verras toe die All Blacks hom uitnooi na ‘n oefenkamp. Hy is in twee geskeur – moet hy sy hart volg of sy passie najaag?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Francine+Beaton\" class=\"contributor-link\"\u003eFrancine Beaton\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Francine Beaton","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382605267107,"sku":"9781991241207","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991241207_d276b987-eb00-46c2-bbee-095bb67c7b82.jpg?v=1776619759","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991241207","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}