{"product_id":"9781991256089","title":"Laatnageilande","description":"\u003cp\u003eHierdie nuwe versameling gedigte is die bekroonde digter Marlise Joubert se elfde digbundel. Met hierdie gedigte bestendig Joubert haar reputasie as gerespekteerde digter, maar eweso as 'n belangrike bydraer tot “laatpoësie” soos wat letterkundiges die subgenre van gedigte deur 'n ouer persoon beskryf.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOfskoon temas van veroudering sedert Joubert se veel bekroonde bundel, grondwater (2019) al hoe meer na vore dring, kom daar met dié nuwe versameling ook heelwat ánder kwessies ter sprake.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGedigte oor die vrou as argetipiese aardsmoeder, naas aangrypende persoonlike verse oor die vrou as huweliksmaat, moeder en ouma te midde van 'n bedreigende sosio-politieke realiteit, word hier gevind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBuiten die verse oor veroudering, uiteraard, is 'n verdere hoogtepunt die aantal gedigte oor die digkuns self deur 'n digter wat haar tans in die volle krag van haar vakmanskap bevind.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marlise+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eMarlise Joubert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marlise Joubert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378612813987,"sku":"9781991256089","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256089_8ab0971d-0c80-4758-bfe1-39386b54e2bb.jpg?v=1776619815","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256089","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}