{"product_id":"9781991256126","title":"Marlene van Niekerk - Die tempteerbare oog","description":"\u003cp\u003eMarlene van Niekerk is met die Hertzogprys bekroon vir haar roman Agaat (2007) en haar digbundel Kaar (2014). Benewens prosa en poësie skryf sy ook dramas en al drie genres figureer in die opstelle wat in hierdie teks opgeneem is. Opstelle handel nie net oor die twee bekroonde tekste nie, maar betrek haar hele oeuvre.\u003cbr\u003eDoelbewus is besluit om by die jonger akademici aan te klop, veral diegene wat reeds oor Van Niekerk se werk geskryf het of wat oor haar tekste gepromoveer het. Uit die onderskeie hoofstukke kan eietydse teoretiese kwessies afgelees word, veral as in gedagte gehou word dat Van Niekerk 'n erudiete outeur is van ensiklopediese tekste.\u003cbr\u003e'n Deurlopende tema in Van Niekerk se werk is 'n volgehoue beskouing oor die rol van die kunstenaar in die globale konteks. Maar meer nog, dit word ook - net soos in Marlene van Niekerk se spel met haar Stellenbosse intreerede 'n stipte verslag oor die skryfproses. By monde van haar bekendste karakters word haar kunsteoretiese insigte aan die leser oorgedra.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marius+Crous+(Redakteur)\" class=\"contributor-link\"\u003eMarius Crous (Redakteur)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hertzogpryswenners\" class=\"contributor-link\"\u003eHertzogpryswenners\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marius Crous (Redakteur),Hertzogpryswenners,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380381335715,"sku":"9781991256126","price":385.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256126_c2ec7116-f46a-4f85-808f-3d34975188e0.jpg?v=1776619831","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256126","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}