{"product_id":"9781991256263","title":"Oop Deure","description":"\u003cp\u003eLana en Elma Lourens is twee susters wat om verskillende redes tydelik in 'n tuinwoonstel op 'n plaas by Tesselaarsdal in die Overberg gaan bly. 'n Broer en suster, André en Christine Maritz boer saam op die groenteplaas. Gou raak die vier mense betrokke by mekaar en smee vriendskappe wat verdiep, maar ook meer gekompliseerd raak wanneer Lana en Elma noodgedwonge langer op die plaas moet aanbly. Asof daar nie genoeg intrige is nie, daag Elma se vriendin, Retha, ook op en tante Aletta, 'n boervrou in die distrik wat haarself aangestel het as 'n moederfiguur vir André en Christine, sukkel om haar neus uit almal se sake te hou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDié verhoudingsroman gaan oor vriendskappe in verskeie vorms, en komplekse familieverhoudings wanneer uiteenlopende mense saamgegooi word in 'n situasie waarin hulle hulself dalk nie normaalweg sou bevind nie. Hedendaagse romantiese verbintenisse en die vloeiendheid van seksualiteit is ook deel van die verhaal.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOop deure is soos Oor en Weer deur Trisa Hugo en Analize Viljoen saam geskryf. Oor en weer  is uitstekend ontvang deur lesers en resensente en was 'n finalis vir ŉ ATKV Woordveertjie in 2021.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Analize+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eAnalize Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Trisa+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eTrisa Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Analize Viljoen,Trisa Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381103902883,"sku":"9781991256263","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256263_4dcc9010-3520-4e27-9400-cc0f300fdf88.jpg?v=1776619870","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256263","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}