{"product_id":"9781991256270","title":"Voorblad","description":"\u003cp\u003eVoorblad is 'n misdaadroman vol intrige en afdraaipaaie wat die leser op die punt van sy stoel hou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer die liggame van twee vooraanstaande sakemanne binne 'n week na mekaar in hulle motors aangetref word, is die joernalis, Alex Rheeder, in albei gevalle eerste op die toneel. Die ondersoekbeampte, Kaptein Harold Beukes, wil weet waar Rheeder sy inligting kry, maar Rheeder is self in die duister oor die motiewe van die moordenaars wat hom van inligting voorsien. Binne 'n aantal weke is daar nog vier moorde. Rheeder moet nie slegs die moordenaar of moordenaars ontmasker nie, hy moet ook die agterdog wat die ondersoekbeampte teen hom koester, besweer en twee aanslae op sy lewe trotseer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHy kry hulp uit 'n onverwagte oord in die persoon van Vingertjies Mintoor, 'n hawelose sakkrapper en rommel-entrepeneur wat belangrike inligting oor die moorde met hom deel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Keurder het die volgende gesê: “Die lakmoestoets vir hierdie genre is dat die leser nie die boek wil neersit as hy eers begin lees het nie. Die skrywer slaag hierdie toets. Hierdie skrywer kán skryf!”\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hannes+Visser\" class=\"contributor-link\"\u003eHannes Visser\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hannes Visser","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381186379939,"sku":"9781991256270","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256270_3ad2252a-2898-4a3e-afa5-c9087e96db48.jpg?v=1776619874","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256270","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}