{"product_id":"9781991256393","title":"Deur die tonnel van twyfel","description":"\u003cp\u003eDit is deesdae hoog mode vir mense om boeke te skryf oor hoe hulle “die geloof verloor het”; selfs dominees verloor hulle geloof.\u003cbr\u003eDit is een van die redes hoekom Koos Kombuis besluit het om ŉ boek te skryf vir die “post-Kerk-generasie”. Dit is veral gemik op jonger mense, wat vasgevang voel tussen twee onversoenbare wêrelde; die wêreld van hul jeugdige ervaring van vormgodsdiens en die wêreld waarin hulle vandag moet bestaan en leef, in ŉ donker eeu sonder waardes waar hulle voel asof hulle afgesny is van die anker van geloofsekerheid en die troos van gebed.\u003cbr\u003eKoos vertel in Deur die Tonnel van Twyfel iets van sy eie reis as self-erkende “weeskind van die kosmos”. Hy beskryf ook, sonder om te oordeel, sommige van die alternatiewe wat mense aangryp in hul soektog na ŉ sinvolle geestelike verwysingsveld, soos ateïsme, die I-Ching, evolusie, asook die charismatiese opsie.\u003cbr\u003eHoewel Koos nie voorgee om te weet wat die finale antwoord op hierdie vrae is nie, bevat hierdie boek heelwat gedagtes wat hoop gee dat daar tog iewers ŉ lig skyn aan die einde van “die tonnel van twyfel”.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Koos+Kombuis\" class=\"contributor-link\"\u003eKoos Kombuis\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Koos Kombuis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381157970083,"sku":"9781991256393","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256393_d05936e0-b0ba-4035-8d80-d04777ae8eaa.jpg?v=1776619896","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256393","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}