{"product_id":"9781991256409","title":"Vernietig","description":"\u003cp\u003eVernietig is die Afrikaanse vertaling van die jongste en stellig die snydendste, wydlopendste roman nog uit die pen van Frankryk se invloedrykste en mees omstrede lewende romansier, Michel Houellebecq.\u003cbr\u003eSoos slegs hy kan, vertel Houellebecq aan die hand van die pakkende verhaal van die hooggeplaaste Franse Tesourie-amptenaar, Paul Raison en sy familie ook die verhaal van hoe die Weste onder die bedreiging van vernietiging staan - sowel van sy vyande as deur sy eie wortels aan te val. Moderne begeerte, die massamedia, die stryd van bejaardes en eensames, en menslike sterflikheid word ondersoek.\u003cbr\u003eTerselfdertyd 'n tragiese ideeroman, 'n politieke riller en 'n bytende satire van die woke-kultuur en eietydse geklikhede in die naam van spiritualiteit, bied vernietig 'n unieke insig in die lot van die hedendaagse wêreld wat die leser eweseer van die lag laat uitbars as tot trane van droefheid beweeg.\u003cbr\u003eMet hierdie vertaling bring die bekende Afrikaanse filosoof, romansier en openbare intellektueel, Johann Rossouw hierdie groot roman na die Afrikaanse leser op soek na onvergeetlike literêre fiksie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Michel+Houellebecq\" class=\"contributor-link\"\u003eMichel Houellebecq\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Michel Houellebecq","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381157118115,"sku":"9781991256409","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256409_3e7d286d-5b70-4c1f-932b-68d355a03b10.jpg?v=1776619901","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256409","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}