{"product_id":"9781991256454","title":"Chemo, koekies en tee","description":"\u003cp\u003eSoms, net as jy dink jy is nou op ŉ goeie plek, word die mat spreekwoordelik onder jou uitgeruk. In hierdie geval was dit met ŉ kanker diagnose. Daar is al baie boeke oor kanker geskryf, en elkeen is uniek. Chemo, koekies en tee sketse uit ŉ kankerstorie het ontwikkel uit ŉ paar refleksies, skryfseltjies en tekeninge wat aanvanklik as WhattsApp boodskappe versprei is. Ons dra almal verskillende hoede in onderskeie kontekste en moet soms ŉ haas uit die hoed trek om te oorleef. Hier dra Anna haar kreatiewe hoed. Die sketse illustreer stories en soms ís die skets die storie. Sommige lesers sou dalk van die sketse wou inkleur. Elkeen van die sketse en stories kan alleen staan. Dit is egter ŉ konglomeraat van belewenisse en interpretasies wat soos pêrels aan mekaar gestring word deur die goue draad van ŉ kanker diagnose. Daar is humor en erns in hierdie memoires, maar dis nie ŉ swaarmoedige boek nie. Sommige lesers kan selfs 'n nuwe hoed opsit en die uitdagings wat die lewe bied met nuwe moed aanpak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anna+de+Jager\" class=\"contributor-link\"\u003eAnna de Jager\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anna de Jager","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378621464739,"sku":"9781991256454","price":175.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256454_d8cea4d5-c387-4fbe-bcce-ce27d2f2b14a.jpg?v=1776619914","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256454","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}