{"product_id":"9781991256461","title":"Karel Schoeman - Stiltes en stemme,","description":"\u003cp\u003eStiltes en stemme is 'n huldigingsboek vir een van die belangrikste Afrikaanse skrywers, Karel Schoeman. Karel Schoeman se oeuvre verdien 'n huldiging, selfs as mens slegs na die omvang van sy lewenswerk kyk:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e19 romans (en vier jeugromans)\u003cbr\u003e52 historiografiese en biografiese boeke\u003cbr\u003e15 boeke is deur hom vertaal\u003cbr\u003e9 reisbeskrywings\u003cbr\u003e2 outobiografiese werke\u003cbr\u003emeer as 160 historiese artikels en resensies in verskeie publikasies\u003cbr\u003eredakteur van 15 publikasies in die Vrystatia-reeks.\u003cbr\u003eSyfers vertel egter nie die hele verhaal nie. In hierdie huldigingsbundel word die wyse waarop hy stemme uit die stilte van die verlede ontruk het, van nader beskou, en word klem geplaas op die wyse waarop hy stilte kon gebruik om stemme beter te laat hoor.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSchoeman se werk is al dikwels vergelyk met die werk van Marcel Proust, maar die verband tussen hulle werk is nog nie tevore ondersoek nie. Willie Burger wys op merkwaardige ooreenkomste tussen Proust se literatuurbeskouing en Schoeman se roman.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boek word afgesluit met 'n omvattende bibliografie van Schoeman se werk en al die resensies, besprekings, artikels, proefskrifte en verhandelings daaroor. Dit is 'n onontbeerlike hulpbron vir enige verdere navorsing oor Schoeman.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Willie+Burger+(Redakteur)\" class=\"contributor-link\"\u003eWillie Burger (Redakteur)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hertzogpryswenners\" class=\"contributor-link\"\u003eHertzogpryswenners\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Willie Burger (Redakteur),Hertzogpryswenners,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381395505315,"sku":"9781991256461","price":385.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256461_f798e39f-3bf7-4fe6-8ca0-daf8f5764025.jpg?v=1776619918","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256461","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}