{"product_id":"9781991256591","title":"So ook op die aarde","description":"\u003cp\u003eIn ŉ afgeleë Kalahari-woestyndorpie ontdek ŉ jong Franse non, Léonie Duvernois, dat haar lewe lyflik en aards is; en om lief te hê onkeerbaar soos ŉ fontein in jou opborrel.\u003cbr\u003eSy leer ken die jong Vader Simon, die kaalvoet priester wat die klein woestynkatedraal eiehandig gebou het en wie se biblioteek vol verbode boeke is. Ook die vreemde hondkind wat hande-viervoet deur die dorpie se strate hardloop en die geheimsinnige, streng Suster Agnes. By die wyse ouma Pop leer sy: “… hier op die aarde het ons net ons lywe en ons moet lewe en glo met ons lywe.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer Léonie in die skemerlig kaal swem in die Grootrivier, raak sy met verwondering aan haar borste en heupe en voel hoe die water al langs haar rug streel as sy haar oorgee aan die sorgelose vryheid van ligter word en wegdryf.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie is die universeel, eg-menslike verhaal van ŉ klein gemeenskap met eie wegsteekdinge, mense vir wie God in die worsteling van hul bestaan soms net ŉ skrale wete is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Betsie+van+Niekerk\" class=\"contributor-link\"\u003eBetsie van Niekerk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Betsie van Niekerk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378253545635,"sku":"9781991256591","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256591_302d7e05-6a1f-4e86-968f-d11b83b4c33c.jpg?v=1776619944","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256591","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}