{"product_id":"9781991256799","title":"Taboek","description":"\u003cp\u003eRiku Lätti is 'n sanger-liedjieskrywer, vervaardiger, skrywer en filmmaker. Sy musiek is eklekties en 'n omarming van 'n groot hoeveelheid style. Hy is die mede-skepper van die klankbane van die TV-reekse Hopeville, Wie lê Waar en Vlug na Egipte. Hy komponeer musiek vir die films Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (Riku wen die SAFTA vir klankontwerp), Skemerson en die Jans Rautenbach-film, Abraham. Hy is die medestigter van Die Wasgoedlyn. Riku en Gideon Breytenbach wen saam die Cannes Film Award — Best African Film 2023 vir hul dokumentêr The Voice Behind the Wall.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRiku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog 'n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as 'n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie.\u003cbr\u003e- Koos Kombuis\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. 'n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en  werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie.\u003cbr\u003e- Dana Snyman\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet 'n Taboek oor god lewer Riku Lätti 'n speelse pleidooi vir die aanvaarding van alles wat is omdat dit is.\u003cbr\u003e- Danie Marais\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Riku+Latti\" class=\"contributor-link\"\u003eRiku Latti\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Riku Latti","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381419294883,"sku":"9781991256799","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256799_1fde1e44-7ed3-446e-8d49-b6cd5c6a8175.jpg?v=1776620008","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256799","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}