{"product_id":"9781991256980","title":"Sel ses","description":"\u003cp\u003e“Waagmoedige verhale oor die ongenaakbare lewe in die tronk.” - Frederick F. Botha\u003cbr\u003eNa drie en twintig jaar in die tronk staan Roux Steyn die kans om op parool vrygelaat te word, maar daarvoor moet hy een jaar sonder geweld skoon loop. Vir iemand soos Steyn is dit egter onmoontlik; hy het die Anger Management kursus alreeds drie maal gefaal. Buitendien is hy ŉ bendeleier en dwelmsmous. En hy het ŉ magdom vyande wat nie kan wag om ŉ mes in sy niere te plant nie. Lesers word uitgedaag om deur Steyn se oë waar te neem; soms te voel, maar meestal te verstaan: Daar is in elke monster ook ŉ mens. Sel ses is ŉ samelopende kortverhaalbundel en honderd persent fiksie. Wees egter gewaarsku, die tronk is nie ŉ plek vir teddiebere nie - druk jou vingers in die kragprop en sit die krag aan.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stefaans+Coetzee\" class=\"contributor-link\"\u003eStefaans Coetzee\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Stefaans Coetzee","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382488678563,"sku":"9781991256980","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256980_1000aebe-b778-4123-895d-306976b37899.jpg?v=1776620033","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256980","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}