{"product_id":"9781991256997","title":"Miniatuur","description":"\u003cp\u003eIn Miniatuur vind ons ŉ behendige hantering van die kwatryn soos die digter ook in die vorige twee bundels, Weerlig van die ongeloof en Duimnaelsketse, gedoen het. Die gedrongenheid en dissipline maak die kwatryn ŉ uitdaging, en dié digvorm is duidelik ŉ vorm wat die digter aanstaan.\u003cbr\u003eDie 102 kwatryne is in vyf afdelings opgeneem, en open met “Skryf as bonsaikuns”:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSkryf as bonsaikuns\u003cbr\u003eDie aandag van die oog se lens\u003cbr\u003e\u0026amp; die gawe van die verdig(sel)kuns\u003cbr\u003e(die tydsaam verbuig \u0026amp; wegflens):\u003cbr\u003eopenbaar die kwatryn as bonsaikuns.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie langsame buig en wegsnoei om die bonsai tot stand te bring word vergelyk met die skryf van die kwatryn waar soortgelyke arbeid nodig is om aan die eise van die kwatrynvorm te voldoen.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie eerste afdeling, I Voëls, bevat kwatryne oor die natuurlike lewe, die seisoene; II Middernagtrein,  bevat kwatryne oor liefde, erotiek, die seksuele terwyl III Kom herfs, kom winter,  verse bevat wat handel oor oudword, verval, ontluistering;\u003cbr\u003eIV Afsien,  bevat kwatryne wat veelal oor die dood handel, oor afskeid en verlies. Die kwatryne in hierdie verskillende afdelings praat met mekaar, antwoord mekaar, en vir die belese leser is daar ŉ volgehoue gesprek met die Afrikaanse digtradisie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johann+de+Lange\" class=\"contributor-link\"\u003eJohann de Lange\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ATKV2025\" class=\"contributor-link\"\u003eATKV2025\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johann de Lange,ATKV2025","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382923182243,"sku":"9781991256997","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781991256997_39a2e115-fc94-45e2-8d61-1fa85e013d66.jpg?v=1776620038","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781991256997","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}