{"product_id":"9781997460077","title":"Lostorring","description":"\u003cp\u003eBaie mense vra hulself af wie die stywe omhulsel gaan lostorring waarin die samelewing hulle vasvang.\u003cbr\u003eIn hierdie bundel bevry die digter homself met digkuns, rou en onpretensieus. Hy het 'n natuurlike aanleg vir woorde, ritme en metafore. Verwag om ontroerd uit hierdie leeservaring te kom. – Diana Ferrus\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE SKRYWER\u003cbr\u003eJadrick Pedro (1994) is ’n digter van Ceres in die Wes-Kaap. Hy het reeds twee digbundels deur middel van selfpublikasie die lig laat sien. Gesamentlike bundels waarin sy werk opgeneem is, sluit in: Digterstemme 2020 (Minimal Press) en In woorde gebaar\u003cbr\u003e(Die Mengelmoesdigters). In 2021 is hy as die wenner van die Hugh Hodge Poetry in McGregor Award aangewys by die oop-mikrofoon-geleentheid vir sy gedig “Pa”. In 2022 behaal hy tweede plek in die Afrikaanse afdeling van Poetry in McGregor se digkompetisie. Hy deel graag sy werk by feeste soos die Tuin van Digters in Wellington en die Adam Small\u003cbr\u003eFees in Pniel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jadrick+Pedro\" class=\"contributor-link\"\u003eJadrick Pedro\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jadrick Pedro","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375636725923,"sku":"9781997460077","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781997460077_9698d456-7b7a-44ec-bff2-0b6c443af836.jpg?v=1776805639","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781997460077","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}