{"product_id":"9781997476405","title":"In Memoriam Johann de Lange","description":"\u003cp\u003eEn nou woon jy tussen die sterre\u003cbr\u003ein daardie ballingskap\u003cbr\u003ebuite woorde of taalsisteme, soekend na die stil punt van die aarde.\u003cbr\u003e(Joan Hambidge)\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn memoriam Johann de Lange verskyn 'n jaar na die dood van Johann de Lange, een van Afrikaans se grootste digters. Dit is 'n hibriede boek: in prosa en poësie bring twee van De Lange se jarelange vriende op unieke wyse aan hom hulde.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Op pad met Johann de Lange neem Johann Lodewyk Marais sy jarelange vriendskap met De Lange in oënskou. 'n Relatief onbekende kant van die digter word in enkele essays en korter stukke geskets. Interessante feite oor digtersvriende en -kennisse wat in sy lewe 'n rol gespeel het, soos Koos Prinsloo, Harry Kalmer, Theunis Engelbrecht, Sheila Cussons en Wilma Stockenström, verruim die teks. Eenvoudig dog aangrypend roep Marais hulle gesprekke oor bykans 'n leeftyd in herinnering - oor die digkuns, die letterkunde en veral De Lange se invloed op sy eie poëtika.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie afdeling Orfeus in die buitenste ruim bevat 42 elegiese gedigte deur Joan Hambidge - soms diep emosioneel, soms besinnend en ontstellend, geskoei op belewenisse, boeke, films, plekke en gebeure wat hulle saam geniet het. Haar gedigte is ryk aan simboliek, metafore en intertekste van veral De Lange en Van Wyk Louw.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJohann de Lange was “gheselscap goet ende fijn”, so beskryf Johann Lodewyk Marais via die elegiese Egidiuslied sy gestorwe vriend.\u003cbr\u003e(Marlies Taljard)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johann+Lodewyk+Marais\" class=\"contributor-link\"\u003eJohann Lodewyk Marais\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Joan+Hambidge\" class=\"contributor-link\"\u003eJoan Hambidge\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johann Lodewyk Marais,Joan Hambidge","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830996123811,"sku":"9781997476405","price":248.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781997476405.jpg?v=1782997316","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781997476405","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}