{"product_id":"9781997492306","title":"Sanniesherberg","description":"\u003cp\u003eSanniesherberg.\u003cbr\u003e'n Klein plekkie op die vlaktes van die Kromruggens-distrik, waar almal mekaar nog ken en soms selfs groet.\u003cbr\u003eWaar liefde en verwyt dieselfde tafel deel, geheime nooit te diep begrawe word nie en die droogte die inwoners meestal nederig hou.\u003cbr\u003eSommige kom hierheen om weg te kruip. Ander verdwaal eenvoudig hierheen. Maar almal maak uiteindelik 'n draai deur die dorp se stofstrate, onder die kerk se skadu en verby die plekke waar ou leuens nog soos sonbesies in die hitte kerm.\u003cbr\u003eSanniesherberg is 'n bundel verweefde verhale oor mense, hulle skuld, genade, verlies en die gevare van hoop en wensdenkery.\u003cbr\u003eHier dra elkeen 'n storie.\u003cbr\u003eEn sommige stories dra selfs die waarheid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE SKRYWER\u003cbr\u003eMartin van Rensburg woon in die republiek se hoofstad.\u003cbr\u003eHy deel sy ou sinkdakhuis se plankvloere en staalplafonne met sy vrou Sonja, sy seuns Mark en Thomas, en twee brakke, Samuel en Cowboy.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Martin+van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eMartin van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Martin van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47774895308963,"sku":"9781997492306","price":288.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781997492306_3466d297-02be-4c81-b28e-daa0e072623f.jpg?v=1781463088","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781997492306","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}