{"product_id":"9781998958924","title":"Duisend-En-Een Nagte","description":"\u003cp\u003eProf. Matilda Burden sê hieroor:\u003cbr\u003eDie ontstaan en herkoms van die Duisend-en-een-nagte (ook bekend as Die Arabiese nagstories of Arabian Nights) kan teruggevoer word na ŉ geskrif wat in die 10de eeu reeds bestaan het en oor die eeue gegroei het en gewysig is deur talle vertellers en vertalers. Die boek het soos ŉ sneeubal gegroei en alles wat ingevoeg is, is as't ware ingeforseer in die raamwerk van die verhaal van Sjeherazade wat 1001 nagte lank aan koning Sjahriar stories vertel het om haar lewe te red …\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTot op hede is slegs enkele verhale uit ŉ Duisend en een nagte in Afrikaans vertaal, en dan meestal verwerk tot kinderverhale, soos byvoorbeeld “Ali baba en die veertig rowers” en “Aladdin en die wonderlamp” (hoewel Aladdin nie ŉ Oosterse verhaal is nie, maar ŉ skepping en invoegsel van die Franse vertaler Antoine Galland). Dit is hoogtyd dat die Afrikaanse leser ook kennis maak met die rykdom en lewenswysheid van hierdie literêre werk wat deur die eeue so ŉ merkwaardige impak op wêreldliteratuur gemaak het …\u003cbr\u003eOm ŉ wêreldberoemde geskrif soos hierdie in Afrikaans beskikbaar te hê, is net ŉ bate vir die Afrikaanse letterkunde en kultuurgeskiedenis.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kader+Abdolah\" class=\"contributor-link\"\u003eKader Abdolah\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kader Abdolah","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378625659043,"sku":"9781998958924","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781998958924_7eea8645-3fac-4d82-95cb-a657e63cefb5.jpg?v=1776620297","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781998958924","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}