{"product_id":"9789000041466","title":"Zee'kie Skryfseltjies","description":"\u003cp\u003e'n Bundel skryfseltjies van Ansie Nel, Santjie Schutte, Bertha Lewis, Ria Thiart, Elize Nel, Elsabe Fouche\u003cbr\u003e'Hoekom sal 'n handvol skrywers in 'n dorpie - wat lyk of die wegraping hulle reeds getref het - saam aan 'n bundel verhale en gedigte werk? Omdat hulle in hulself glo? Nee, dan sou elkeen om sy eie troon geveg het.\u003cbr\u003eHierdie bundel gaan meer oor die eie-ek waarteen die Bybel waarsku. Hierdie bundel getuig van liefde vir die dorp. 'n Gemeenskap wat so deel van hul menswees is, dat hulle bestaan daarsonder ondenkbaar is.\u003cbr\u003eDit was vir my 'n voorreg om 'n klein bydrae van advies - seker nie aldag waardevol nie - tot die bundel kon lewer en ek voorsien dat al die skrywers in die nabye toekoms hul name op voorblaaie gaan sien, want elkeen het 'n stem wat gehoor moet word.\u003cbr\u003eDie gemeenskap moet hierop antwoord, nie net om die bundel te koop nie. Nog minder om in ander dorpe daarmee te spog. Maar om hande te vat, deel te word, want hierdie bundel het die potensiaal om 'n jaarlikse hoogtepunt te word en om te oorspoel na ander dorpe.\u003cbr\u003eEk stel dus, in die donker tye waarin tydskrifte en nuusblaaie toemaak vir 'n digitale toekoms, aan lesers 'n fakkel voor.\u003cbr\u003eLees, geniet, en word deel.' - Stefaans Coetzee\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Zeerust+Skrywersgilde\" class=\"contributor-link\"\u003eZeerust Skrywersgilde\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Zeerust Skrywersgilde","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382791389347,"sku":"9789000041466","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9789000041466_9c754f15-a9a2-4ea2-95bf-cf9fc12646b1.jpg?v=1776621148","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9789000041466","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}