{"product_id":"9789000041602","title":"Januarie 2026 Romanza Boekpak met Stoom","description":"\u003cp\u003e* Dis n belofte - Zia Lee.\u003cbr\u003eEiva Richter het twee probleme: sy is blykbaar koud in die bed en het nog nooit 'n klimaks bereik nie. Sy steek dit weg totdat sy haar enkel verstuit. Die aanraking van haar fisioterapeut, Clark Kensington, dryf haar tot raserny. Sy gee haarself aan hom oor en vind bevryding in sy arms. Maar niemand het Eiva voorberei op die gevoelens wat saam met die die vryheid kom nie. Clark se geraamtes in die kas maak dat hy nie beloftes wil maak nie. Maar as hy Eiva wil behou, sal hy weer moet dink.\u003cbr\u003e*'n Skatkis vol drome - Corné van Rooyen.\u003cbr\u003eHarriët se droom is om die beste kleremaakster in die Kaap te word. Maar haar droom lê aan skerwe toe haar dobbelverslaafde pa haar aan 'n dobbelbaas beloof om sy skuld af te betaal. Haar lewe verander onherroeplik toe die skatryk Jurgens Hendrikssen tot haar redding kom met 'n vreemde huweliksaanbod. Harriët se droom om topkleremaakster te word kry weer vlerke. Kan sy dit waag om ook te droom dat haar liefde beantwoord sal word?\u003cbr\u003e* Dubbelspel vir haar hart - Tosca De Villiers.\u003cbr\u003eElandi vlug na Roodezand om weg te kom van die skindertonge wat haar lewe verwoes het. In haar nuwe pos fokus sy op haar Wiskunde-onderrig en om geld in te samel vir die matriekafskeid. Sy wil nie weer 'n man in haar lewe hê nie, maar Hendrik de Bruyn en dominee Neels stel belang. Hendrik wil dalk weer liefde 'n kans gee, en Neels soek 'n vrou wat orrel kan speel. Wie gaan haar hart wen?\u003cbr\u003e* 'n Doodgewone meisie - Marilé Cloete.\u003cbr\u003eFiona Viviers, 'n suksesvolle ortotis is in 'n ongelukkige verhouding vasgevang. Anton Bruwer, 'n enkellopende spysenier, help Fiona in 'n ongemaklike situasie. Die insident beland op die internet en Anton word as 'n held gesien, wat hom dwing om verder betrokke te raak. Fiona waardeer sy hulp, al hou sy nie daarvan om “gered” te word nie. Gaan sy hom die kans gee om 'n tikkie towerkrag in haar lewe te bring?\u003cbr\u003e* Liefste buurmeisie - Magda Schmidt.\u003cbr\u003eWilmarié en Dirk ontmoet as tieners by die swemkuil op sy pa se plaas. Drie jaar later vier hulle haar mondigwording en verlowing tegelyk, maar Dirk verbreek die verlowing om met iemand anders te trou. Nou is hy ná vyf jaar terug in die distrik en verbasend genoeg steeds ongetroud. Wilmarié het met haar lewe aangegaan en die skoolhoof stel deesdae in haar belang. Nou moet sy besluit of sy vir Dirk kan vergewe en of hulle weer vriende of dalk selfs meer kan wees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Zia+Lee\" class=\"contributor-link\"\u003eZia Lee\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tosca+De+Villiers\" class=\"contributor-link\"\u003eTosca De Villiers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maril%C3%A9+Cloete\" class=\"contributor-link\"\u003eMarilé Cloete\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Magda+Schmidt\" class=\"contributor-link\"\u003eMagda Schmidt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Corn%C3%A9+van+Rooyen\" class=\"contributor-link\"\u003eCorné van Rooyen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ROMANZA+JANUARIE+2026\" class=\"contributor-link\"\u003eROMANZA JANUARIE 2026\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Zia Lee,Tosca De Villiers,Marilé Cloete,Magda Schmidt,Corné van Rooyen,ROMANZA JANUARIE 2026","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376885612707,"sku":"9789000041602","price":550.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9789000041602_adaf04be-85b2-4e77-8511-9cc479be5f64.jpg?v=1776621187","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9789000041602","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}