{"product_id":"9789000041619","title":"Februarie 2026 Romanza Boekpak","description":"\u003cp\u003e*Onwaarskynlike Cupido - Bets Smith\u003cbr\u003e`n Vreemde ontmoeting lei tot 'n nuwe begin.\u003cbr\u003eToe haar oorheersende aanstaande Renske se onderwysloopbaan ruïneer, bied haar peetma se erflating 'n nuwe begin.\u003cbr\u003eSaam met die huis op Soutbosbaai erf Renske vir Tippie, die optelhond, en die buurman, Rocco du Randt. Weens haar vorige ondervinding verwar Renske Rocco se sorgsaamheid aanvanklik met voorskriftelikheid.\u003cbr\u003eMaar die troeteldiere dwing hulle toenemend in mekaar se geselskap sodat 'n gemaklike vriendskap tog ontwikkel. Sal hulle betyds besef die lewe is te kosbaar om op misverstande te vermors?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*En toe kom jy - Nerina le Roux\u003cbr\u003eSamantha, 'n kunstenaar, woon met haar hond op Kruisklipbaai ná haar verloofde se dood. Sy stel glad nie in 'n verhouding belang nie. Staan sy egter 'n kans teen die ernstige man wat haar en Wolf een oggend uit die seestroom red?\u003cbr\u003eZak het jare gelede besluit om nooit te trou nie, maar dan ontmoet hy vir Samantha en haar hond op die strand.\u003cbr\u003eTeen sy sin moet hy herbesin. Kan hy waag om iemand in sy lewe in te laat?\u003cbr\u003eHet Samantha en Zak enigsins 'n kans teen die toenemende aangetrokkenheid waarteen hulle al twee verbete veg?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e* Liefde uit die puin - Naretha Franken\u003cbr\u003eLiefde in die noodeenheid.\u003cbr\u003eJong dokters Mia en Dolf word vir drie dae in 'n hysbak vasgevang ná 'n ontploffing.\u003cbr\u003eHulle leer mekaar in daardie put van vrees en pyn ken. Ná hul redding, neem Dolf se ouers hom Kanada toe. Mia herstel nog, toe sy uitvind sy is swanger. Toe hul paaie nege jaar later weer kruis, keer die herinneringe stadig na Mia terug.\u003cbr\u003eMaar hoe vertel sy vir haar seuntjie dat sy pa leef?\u003cbr\u003eEn wat van Dolf wat nie eens weet hy is pa nie?\u003cbr\u003eNie eers haar eerste liefde, het so 'n uitwerking op haar gehad nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*Langpadliefde - Madelie Human \u003cbr\u003eBestem vir liefde.\u003cbr\u003eCharl bestuur 'n groot vervoerbesigheid en sorg al jare vir sy drie jonger sibbe. Hy het nie tyd vir verhoudings nie, selfs nie vir Renise, sy jeugliefde nie. Tot hy haar een aand gestrand langs 'n gevaarlike pad met 'n stukkende motor vind.\u003cbr\u003eHy moet dringend 'n vrag gaan aflaai en neem haar, ter wille van haar veiligheid, saam met hom. Renise het 'n donker geheim wat niemand durf uitvind nie, veral nie Charl nie.\u003cbr\u003eSal hul liefde hierdie nuwe toets deurstaan?\u003cbr\u003eRenise dra 'n donker geheim wat niemand durf uitvind nie, veral nie Charl nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bets+Smith\" class=\"contributor-link\"\u003eBets Smith\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nerina+le+Roux\" class=\"contributor-link\"\u003eNerina le Roux\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Naretha+Franken\" class=\"contributor-link\"\u003eNaretha Franken\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Madelie+Human\" class=\"contributor-link\"\u003eMadelie Human\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ROMANZA+FEBRUARIE+2026\" class=\"contributor-link\"\u003eROMANZA FEBRUARIE 2026\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Bets Smith,Nerina le Roux,Naretha Franken,Madelie Human,ROMANZA FEBRUARIE 2026","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375636791459,"sku":"9789000041619","price":440.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9789000041619_0b632438-e18d-46c2-94bd-c258d4db9641.jpg?v=1776805678","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9789000041619","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}