{"product_id":"9789000041640","title":"Maart 2026 Romanza Boekpak met Stoom","description":"\u003cp\u003e*Wild klop die liefde - Frida Z\u003cbr\u003eDr. Emma Retief, 'n wildsveearts, moet haarself in 'n manswêreld bewys. Sy koop 'n praktyk in haar tuisdorp, maar is nie voorbereid op die aantrekkingskrag tussen haar en haar buurman, Regardt, nie.\u003cbr\u003eRegardt het 'n reputasie as rokjagter, daarom bepaal hy hom nou by sy plaas en sy werk om wildstropers te stop. Hy glo hy kan dit beter as Emma doen en hulle stamp koppe. Emma begin ook twyfel aan Regardt se integriteit te midde van die wildsmokkelary.\u003cbr\u003eGaan hulle die afstand tussen hulle kan oorbrug?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*Skattejag en skadukante - Malene Breytenbach\u003cbr\u003eSal die liefde uiteindelik ten spyte van alles oorwin?\u003cbr\u003eElara Steyn, 'n navorser aan Stellenbosch Universiteit, besoek Kaap Nyala waar die marine-argeoloog Rowan Carter se duikspan die skeepswrak Eclipse verken. Die span hoop om die kroon van Almani in die wrak te vind.\u003cbr\u003eElara en Rowan voel aangetrokke tot mekaar, maar albei het bagasie. Die soektog verloop ook nie sonder probleme nie. Smokkelaars soek die kroon vir 'n ryk versamelaar en daar is 'n verraaier in Rowan se span.\u003cbr\u003eAl die drama vertroebel die water vir Rowan en Elara. Sal die liefde oorwin?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*Net ek - Zinèt Oosthuizen\u003cbr\u003eHoe lank kan sy veg teen haar hart?\u003cbr\u003eDaar is niks wat Leola so ontstel soos bedrog nie, en as dit nie was dat Wian haar vooraf van haar voete af geswiep het nie, sou sy hom baie moeiliker vergewe het toe hy haar werk as veearts in Bloubosch kom oorneem.\u003cbr\u003eToe Wian se erfhuis in 'n bosbrand vernietig word, nooi Leola hom om tydelik by haar in te trek.\u003cbr\u003eGou besef sy die “saamblyery” is glad nie goed vir haar siel, verstand of hart nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*`n Soen op sy tyd - Frenette van Wyk\u003cbr\u003eHul het geen verweer teen die vuur wat in hul harte band.\u003cbr\u003eCatryn wil nie met 'n ryk wynboer trou nie. Sy wil eerder haar eie kleremaakbesigheid aan die Kaap de Goede Hoop begin.\u003cbr\u003eClaude kom Kaap toe om die hart van sy eertydse minnares, die goewerneur se vrou, terug te wen. Toe hy en Catryn saam die goewerneur se vrou se gesteelde pêrelhalssnoer moet opspoor, spat die vonke.\u003cbr\u003eDie verhouding tussen hulle raak al warmer, en skandale dreig. Sal hulle die vuurproef deurstaan?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*Voëls van enerse vere - René van Zyl\u003cbr\u003eEen onverwagse oomblik kan haar weer in liefde laat glo.\u003cbr\u003eNiekie Rabie is haar moeilike aktrise-suster, Irene, se oorwerkte assistent en val al jare lank vir Irene se miserabele akteur-ekse. Ná haar laaste traumatiese verhouding sweer sy alle mans af.\u003cbr\u003eToe die aksieheld Ruhan Arendse op die filmstel verskyn, bly Niekie ver uit sy pad, want Irene het die man vir haarself opgeëis. Ruhan laat hom egter nie voorskryf nie en sien Niekie raak in die skadu van haar suster, en ontdek haar talent.\u003cbr\u003eMaar wat is sy motiewe?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Malene+Breytenbach\" class=\"contributor-link\"\u003eMalene Breytenbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Zin%C3%A8t+Oosthuizen\" class=\"contributor-link\"\u003eZinèt Oosthuizen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Frenette+van+Wyk\" class=\"contributor-link\"\u003eFrenette van Wyk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ren%C3%A9+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eRené van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Frida+Z\" class=\"contributor-link\"\u003eFrida Z\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ROMANZA+MAART+2026\" class=\"contributor-link\"\u003eROMANZA MAART 2026\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stoom\" class=\"contributor-link\"\u003eStoom\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Malene Breytenbach,Zinèt Oosthuizen,Frenette van Wyk,René van Zyl,Frida Z,ROMANZA MAART 2026,Stoom","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395118940323,"sku":"9789000041640","price":550.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9789000041640_03c7ca63-e52f-4237-8cb7-aa170e669cb1.jpg?v=1776805689","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9789000041640","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}