{"product_id":"9789000041657","title":"Rooi Harlekyn Reeks","description":"\u003cp\u003eHartslag is die eerste vervolg boek in die Rooi Harlekyn reeks ...\u003cbr\u003eEmma vlug uit die stad en terug na haar tuisdorp - vasbeslote om 'n nuwe lewe te begin. Sy loop onverwags haar hoërskool-flirt, Caleb Retief, raak. Haar hart mis 'n slag en die vonke spat behoorlik. Terwyl romanse blom, begin 'n donker skadu oor haar val. Haar anonieme bekruiper sal ver gaan om hulle “spesiale band” af te dwing.\u003cbr\u003eCaleb sal enigiets doen om Emma te beskerm, maar hy dra swaar aan die verlede. Sy hart behoort reeds aan haar, maar hy sukkel om werklik te vertrou. Sal hulle liefde die wreedheid van die wêreld oorleef? Kan die liefde werklik bo alles seëvier? ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003ePoppemeester vervolg op Hartslag ...\u003cbr\u003eWat as rugby en liefde een en dieselfde is? Manipulerende, strategiese denke, planne presies uiteengesit om ten einde 'n goed bedinkte doel te bereik: om elke speler moeg, uitgeteer en 'n bietjie stukkend te los. Dit is presies hoe Carmi Harmse na haar eerste liefdesteleurstelling voel. En boonop is haar ekskêrel steeds besig om haar snare te trek. Om alles te vererger is daar 'n nuwe reeksmoordenaar op Hartbeespoortdam.\u003cbr\u003eDis nie lank voordat Carmi en haar vriende hulself reg in die middel van 'n wrede raaisel bevind nie. Touch, pause, engage. Wie op aarde is die ware poppemeester in hierdie spel?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVerval vervolg op Poppemeester ...\u003cbr\u003eHoe oorleef 'n ma die ondenkbare verlies van haar kind? Wanneer Paula du Plessis se dogter, Odette, verdrink, wil sy aanvanklik glo dit was 'n tragiese ongeluk. Maar die waarheid begin stadig onder die oppervlak broei: Odette was swanger. Haar kêrel neem sy eie lewe. En iets aan hul dood voel... verkeerd.\u003cbr\u003eMeer as 'n dekade later kom nuwe inligting na vore wat Paula se wêreld laat verbrokkel. Terselfdertyd is die duiwel in Pretoria los. Wrede moorde ruk die stad - jong dogtertjies word gevind soos poppe, agtergelaat met presisie en donker verbeelding. Die media noem hom die Marionettemaker. Is daar 'n verband tussen Odette se dood en die nuwe golf van geweld? Hoe lyk die monster wat hierdie dade kan pleeg? Wat doen 'n mens wanneer geregtigheid nie meer moontlik is nie?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKaalvuis vervolg op Verval\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Jy kan nie alles met jou vuiste reg donner nie!”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKaalvuis volg Roux Steyn van Sel ses, en die Huisgenoot-kortverhale (Die eerste moord, Tou, Doodskoot) wat ná jare agter tralies vrygelaat word en as onwaarskynlike misdaadkonsultant in die samelewing beland. Wanneer kinders vermis raak en die gereg faal, word Roux se gewelddadige verlede en sy eie morele grense weer op die proef gestel.\u003cbr\u003eKaalvuis is 'n donker, spanningsvolle verhaal oor wraak, geregtigheid en die dun lyn tussen mens en monster.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKaalvuis is ook Roux Steyn se slotverhaal.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stefaans+Coetzee\" class=\"contributor-link\"\u003eStefaans Coetzee\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christelle+Wessels\" class=\"contributor-link\"\u003eChristelle Wessels\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sunel+Combrinck\" class=\"contributor-link\"\u003eSunel Combrinck\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Felicia+Snyman-du+Toit\" class=\"contributor-link\"\u003eFelicia Snyman-du Toit\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rooi+Harlekyn\" class=\"contributor-link\"\u003eRooi Harlekyn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Stefaans Coetzee,Christelle Wessels,Sunel Combrinck,Felicia Snyman-du Toit ,Rooi Harlekyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395092791459,"sku":"9789000041657","price":540.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9789000041657_c7113939-b197-4406-a7e9-adebf9ab68a6.jpg?v=1776805693","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9789000041657","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}