{"product_id":"9789000041671","title":"April 2026 Romanza Boekpak","description":"\u003cp\u003e* Hoe lank is vir altyd? - Dina Botha\u003cbr\u003eNet presies hoe lank is vir altyd?\u003cbr\u003eToe Krista haar hart op Andreas begin verloor is die soektog na 'n vrou vir hom glad nie meer so opwindend nie. Sy wil daardie vrou wees.\u003cbr\u003eBelladonna, Krista Joubert se dating-agentskap, moet so gou moontlik vir Andreas Meyer 'n vrou vind. Hy moet binne ses weke trou, of hy verbeur 'n groot erfporsie.\u003cbr\u003eToe Krista nie betyds iemand kan vind nie, bied sy self aan om 'n ring aan sy vinger te steek. Andreas maak dit duidelik: Hy glo nie juis in die liefde nie.\u003cbr\u003eDie hart weet egter wat die hart wil hê, en Krista moet uiteindelik vra: Hoe lank is Andreas se “vir altyd”?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*`n Skuilplek vir Sofie - Elsa Winckler\u003cbr\u003eHaar lang, slanke bene spook by hom ...\u003cbr\u003eWanneer hulle gedwing word om saam in 'n veilige woonstel te bly en kamma verloof is, verander dinge vinnig.\u003cbr\u003eSofie Olivier hou van haar werk as sekuriteitsbeampte en het nie tyd vir romanse nie. Toe sy saam met kolonel Jordaan Wessels van die polisie moet werk, vryf hy haar dadelik verkeerd op. Hy is arrogant, 'n beheervraat en skynbaar 'n rokjagter.\u003cbr\u003eTrou is nie deel van Jordaan se toekomsplanne nie, maar Sofie se groen oë vang hom elke keer. Toe hy en Sofie in 'n veilige woonstel moet bly en voorgee hulle is verloof, verander sake.\u003cbr\u003eIs dit net die vreemde omstandighede, of iets meer?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*`n Laaste Noodvlug - Jaco Versfeld\u003cbr\u003eHaar prins, die helikoptervlieënier.\u003cbr\u003eMelanie se modelloopbaan lê aan skerwe nadat sy haar enkels tydens 'n fotosessie breek. Ben, die helikoptervlieënier wat die noodvlug beman waarmee sy uit die klowe gevlieg word, dring haar lewe - en haar hart - binne terwyl sy herstel.\u003cbr\u003eNie net moet sy drastiese loopbaanbesluite neem nie, maar sy moet haar biologiese pa ná twintig jaar weer in haar lewe toelaat. Sy moet uitvind dat haar ma nie altyd die waarheid oor hom gepraat het nie.\u003cbr\u003eKan Melanie op die dodelik aantreklike Ben vertrou in 'n moeilike tyd, of het hy verskuilde motiewe?\u003cbr\u003e“Ja. Ja. Ja. 'n Duisend maal ja.”\u003cbr\u003eSy trek hom aan sy hand op.\u003cbr\u003e“Staan op, jou verspotte, voorbarige, dierbare, simpele mansmens, en soen my.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e*Raaiselman - Salma Swanepoel\u003cbr\u003eDit is nou of nooit.\u003cbr\u003eHoekom kom Roux keer op keer terug na Alana se salon?\u003cbr\u003eAlana Rothman se lewe verander toe Roux op die masseertafel in haar skoonheidsalon beland. Die volgende week daag hy weer op vir 'n ander behandeling. Gou besef Alana sy is verlief op hom.\u003cbr\u003eToe dit egter duidelik word dat iemand die salon saboteer, verdink Alana heel eerste vir Roux. Die eerste insident het immers plaasgevind op die dag van sy eerste behandeling, en hy is nie 'n tipiese kliënt nie.\u003cbr\u003eWat steek hy weg? En is hy werklik die saboteur?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dina+Botha\" class=\"contributor-link\"\u003eDina Botha\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Versfeld\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Versfeld\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Salma+Swanepoel\" class=\"contributor-link\"\u003eSalma Swanepoel\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dina Botha,Elsa Winckler,Jaco Versfeld,Salma Swanepoel,ROMANZA APRIL 2026","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47577247744163,"sku":"9789000041671","price":374.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9789000041671_eb7e3ca0-85d5-4236-b7bb-0815e2a51672.jpg?v=1776805699","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9789000041671","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}