{"product_id":"9789000041732","title":"Poort 2022","description":"\u003cp\u003e#Die Letterkundekommisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns maak jaarliks 'n aanbeveling ten opsigte van die wenners van 'n hele klomp letterkundepryse (insluitende die Poort- kompetisie) aan die Raad van die Akademie. Tans bestryk die letterkundepryse byna die hele literêre spektrum: van kinder- en jeugliteratuur, niefiksie, volwasse literatuur tot by literatuurwetenskap en literêre kritiek.\u003cbr\u003eDie Poort-kompetisie is reeds in 1970 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ingestel. Die doel daarvan was om senior hoërskoolleerders aan te moedig om skeppende werk (veral poësie en prosa) in Afrikaans te skryf. Dit was duidelik 'n goeie belegging, omdat baie van die prys- wenners later self gerekende skrywers geraak het. Só was een van die persone wie se werk in die eerste Poort verskyn het, Antjie Krog, meerdere kere wenner van die Hertzogprys vir poësie. Vir jare reeds trek die kompetisie inskrywings van skole reg oor Suid-Afrika en selfs in die buiteland (een van die wenners is vanjaar van Namibië!); toenemend van leerders wat nie Afrikaans as huistaal het nie. Van hulle begin ook reëlmatig pryse verower.\u003cbr\u003eDie beoordelaars was vanjaar soos gebruiklik kundige vakmense: die poësie is beoordeel deur prof. Hein Viljoen en dr. Ilse de Korte (beide van die Noordwes-Universiteit), terwyl die prosa beoordeel is deur prof. Thys Human (ook van NWU) en me. Lenelle Foster (Universiteit Stellenbosch). Vanjaar se wenners, Mikayla Pretorius (Windhoek High School, Namibië), met haar gedig, 'Die diagram van die hart' en J.D. Carr (Hoërskool Upington) met sy kortverhaal, 'Wabi sabi' het die keurders beïndruk met die besondere kwaliteit, kreatiwiteit én tegniese vermoëns.\u003cbr\u003eDie Hertzogprys lê vir alle pryswenners dalk nog in die verskiet, maar in baie gevalle is publikasie van gedigte of prosa in die nabye toekoms 'n waarskynlikheid. Daarom word hierdie prys ook gesien as 'n baie goeie belegging met die opbrengs wat dit inhou, naamlik 'n toekomstige bydrae tot die Afrikaanse letterkunde.\u003cbr\u003eUit 'n opname van die jaarlikse wenners blyk duidelik dat bepaalde skole gereeld wenners oplewer. Dit is meestal te danke aan knap, en veral passievolle onderwysers. My hartlike dank aan hulle almal wat Afrikaans laat leef. Ook 'n hartlike dankwoord aan die kundige beoordelaars en aan almal by die Akademiekantoor wat die enorme organisasie met groot bekwaamheid behartig het te midde van talle ander verpligtings en in 'n abnormale tyd weens die Covid-pandemie.\u003cbr\u003eDie Akademie het 'n kompetisie onder hoërskoolleerders gehou om 'n wenner van die nuwe baadjie vir Poort aan te wys. U sien die resultaat hier en ek hoop u vind die ontwerp van Janke Labuschagne (van die Hoërskool Reitz), nes ek besonder treffend.\u003cbr\u003eMag hierdie kompetisie bly groei.'\u003cbr\u003ePROF. H.P. VAN COLLER\u003cbr\u003eVoorsitter van die Letterkundekommissie\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Poort\" class=\"contributor-link\"\u003ePoort\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Poort,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47774895702179,"sku":"9789000041732","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9789000041732_3f4be450-caeb-4cbc-b7b6-f6ed498d7804.jpg?v=1781463008","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9789000041732","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}