{"product_id":"desember-2026-romanza","title":"Desember 2026 Romanza Boekpak","description":"\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cstrong\u003eOnmoontlike liefde - Elsa Winckler\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cem\u003eSoms moet jy na jou hart luister\u003c\/em\u003e.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003eToe Lynn, ’n professionele organiseerder, die kunstenaar Joubert Meyer se huis moet regruk, begin sy aan haar vermoëns twyfel. En nie net oor sy deurmekaar huis nie. Hulle is teenoorgesteldes, maar sy is onmoontlik verlief op hom. Joubert weet sy ma het Lynn aangestel omdat sy vir hom ’n vrou soek. Hy het gedink hy stel nie belang nie, maar nou is Lynn skielik al onderwerp wat hy wil skilder. Hy oortuig haar hulle moet tyd saam spandeer, seker dit sal die vonk tussen hulle uitdoof.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003eToe Joubert Meyer se ma reël dat iemand sy huis regruk, is hy oortuig sy probeer weer vir hom ’n vrou soek – baie beslis nié deel van sy toekomsplanne nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e \u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cstrong\u003eVlug van liefde - Santi Neven\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cem\u003eSoms moet mens net vertrou en op ’n vlug van liefde gaan.\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003eEvelyn, ’n passievolle valkenier, se voorspelbare lewe verander toe sy die sesjarige Liam leer ken wat elke dag na haar vertonings kyk. ’n Kitshuwelik met Liam se voog, Simon Beyers, sou baie probleme kon oplos. Daar is egter nog iemand wat reeds sy hart op Evelyn verloor het. Jare gelede al. Haar mentor, Claud. Hulle deel nie net hulle beroep nie, maar ook ’n donker geheim uit die verlede. Soms moet mens net vertrou en op ’n vlug van liefde gaan.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e’n Huwelik met Simon kan vir Evelyn en Liam ’n nuwe begin wees, maar Claud is nie gereed om haar liefde prys te gee nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e \u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cstrong\u003eKersfeessprokie - René van Zyl\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cem\u003e’n Casanova vir Kersfees.\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003eToe Kirstie se ideale trouman haar laat weet hy gaan met ’n ander vrou afhaak, besluit sy om hom terug te wen. Boonop wil hy op Oukersaand trou, die dag waarop Kirstie aan hóm ’n huweliksaanbod wou maak. Gelukkig wil die bruid se eks, Jarrod, háár ook terughê. Kirstie en Jarrod besluit om voor te gee dat hulle verlief raak om die bruidspaar jaloers te maak. Maar Jarrod is ’n regte Casanova en hy maak onverwagte gevoelens in Kirstie wakker.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003eMaar hoekom maak dié Casanova nou erotiese gevoelens in Kirstie wakker?\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e \u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cstrong\u003eTyd om haar vlerke te sprei - Dina Botha\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cem\u003e’n Nuwe toekoms vir Dané.\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003eDané sukkel om die nes te verlaat, maar haar ma se geduld raak min. Sy vra haar prokureur Jandré om Dané te help om haar eie blyplek te kry. Dané en Jandré stamp aanvanklik koppe, maar kom uiteindelik ooreen dat sy vir oulaas Kersfees in haar ouerhuis sal deurbring. Daarna kan haar lewe maar ’n nuwe rigting inslaan. Intussen help Jandré haar om solank huis te soek.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003eHul tyd saam leer Dané om beheer van haar lewe te neem, maar dit bring hulle ook nader aan mekaar. \u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003eDané is huiwerig om haar vlerke te sprei, maar met ’n bietjie aansporing en die regte man aan haar sy is dit dalk makliker as wat sy dink.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Elsa+Winckler\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Santi+Neven\"\u003eSanti Neven\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Ren%C3%A9+van+Zyl\"\u003eRené van Zyl\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Dina+Botha\"\u003eDina Botha\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:ROMANZA+DESEMBER+2026\"\u003eROMANZA DESEMBER 2026\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Elsa Winckler,Santi Neven,René van Zyl,Dina Botha,ROMANZA DESEMBER 2026","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":67959998677155,"sku":"9789000041879","price":374.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9789000041879.png?v=1794742011","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/desember-2026-romanza","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}