{"product_id":"klimaatboek-afrikaanse-en-nederlandstalige-gedigte","title":"Klimaatboek: Afrikaanse en Nederlandstalige gedigte","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eKlimaatboek bring meer as 80 gedigte van Afrikaanse en Nederlandstalige digters in een publikasie saam. \u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie bundel bevat werk van gevestigde stemme – onder andere Tom Dreyer (wenner van die Hertzogprys vir Poësie in 2026), Joan Hambidge, Gilbert Gibson, Louis Esterhuizen, Daniel Hugo en Alwyn Roux – sowel as jonger, opkomende digters soos soos Neo Mehlomakulu, Zian Viviers, Sam Schwencke en B.P. Arend (om enkeles te noem).\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn ’n era waarin klimaatsverandering een van die grootste uitdagings van ons tyd geword het, lewer dié bundel ’n belangrike literêre bydrae tot die gesprek oor die toekoms van die aarde. Veral jongmense staan sentraal in hierdie gesprek as die generasie wat die gevolge van huidige besluite die sterkste sal ervaar. Hierdie betrokkenheid weerklink ook in die bundel, waar poësie ’n ruimte word vir kritiese nadenke en aktivisme. Die bundel slaan ’n brug tussen twee onderskeibare, maar verwante literêre tradisies. Die versameling vier nie alleen die rykdom van die Afrikaanse en Nederlandstalige letterkundes nie, maar werp ook lig op nuwe literêre tendense, veral rondom die omgewing en klimaatsvraagstukke – temas wat digters oor generasies heen bly inspireer en uitdaag.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDeur uiteenlopende stemme en perspektiewe saam te bring, getuig die bundel van die vermoë van poësie om grense oor te steek, gesprekke aan te wakker en nuwe denkwyses oor ons verhouding met die natuurlike wêreld te ontsluit. Klimaatboek is daarom nie bloot ’n bloemlesing nie, maar ook ’n tydsdokument wat die dringendheid van die klimaatkrisis én die onmisbare rol van literêre verbeelding in die hantering daarvan onderstreep.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Johann+Lodewyk+Marais\"\u003eJohann Lodewyk Marais\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Francine+Maessen\"\u003eFrancine Maessen\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Johann Lodewyk Marais,Francine Maessen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48153844613283,"sku":"9781485316381","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781485316381.jpg?v=1789680669","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/klimaatboek-afrikaanse-en-nederlandstalige-gedigte","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}