{"product_id":"metamorfose","title":"Metamorfose","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eJulia het ŉ middelmatige, middeljarige bestaan as optometris in ŉ onuitsonderlike dorp, maar is nietemin dankbaar vir drie seëninge: haar oë, haar hande en haar onafhanklikheid. \u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDan word haar lewe ontspoor deur ŉ ernstige besering. Haar betrokkenheid by die beplanning van ŉ sensoriese tuin, haar kunstenaarbroer se nimmereindigende nuwe idees en die plantkundige met wie sy aanhou paaie kruis, help alles in ŉ proses van transformasie waarvan die uitkoms vreemder is as wat sy ooit sou droom. Deur besinnings oor sensasie en persepsie, oor werklikheid en fantasie, oor skending en heling ondersoek die roman die mens se bestaan in ŉ komplekse wêreld waar die grense tussen wesens wasig word.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Ilse+van+Staden\"\u003eIlse van Staden\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Ilse van Staden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":67684285153443,"sku":"9781048321395","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781048321395.jpg?v=1792012549","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/metamorfose","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}