{"product_id":"november-2026-romanza-boekpak-met-stoom","title":"November 2026 Romanza Boekpak met Stoom","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e*Soekie van Rooibos - Jaco Versfeld #STOOM\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eSoekie probeer uitvind waar die konstruksiemafia aan ’n kliënt se inligting gekom het. Lukas, ’n stads- en streeksbeplanner, stel in Soekie belang, maar gaan binnekort emigreer. Hy waarsku Soekie om haar ondersoek te laat vaar.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eToe gevaar dreig, besluit Lukas om Soekie te help, sodat hy haar kan beskerm. Soekie hou nie daarvan dat Lukas sterre in sy oë het wanneer hy na haar kyk nie, maar sy kennis van die bedryf is belangrik vir haar saak.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr\u003e\u003cstrong\u003eSal sy besef dat sy Lukas liefhet vóór hy op die vliegtuig Australië toe klim?\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e*Tolpadliefde - Madelie Human\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eElouise se broers skep graag struikelblokke om haar liefdeslewe te stuit. Toe sy die dag ’n man ontmoet wat hulle beslis nie sal goedkeur nie, besluit sy om so gou moontlik met hom te trou. Sy is moeg vir haar broers se “tolhekke” op haar lewenspad.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eJac, ’n motorfietsrenjaer en -handelaar, wil eers Elouise se hart wen en haar broers se goedkeuring kry.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eDie broers hou dadelik van Jac, maar besluit om hul kleinsus eers goed te laat sweet voor hulle dit erken. \u003c\/span\u003e\u003cstrong\u003e\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e'n Doodgewone paartjie - Marilé Cloete\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eNá ’n toksiese verhouding vertrek Helene Lochner Australië toe om oor te begin. Sy kry werk op ’n skaapplaas en ontmoet vir Theo Oosthuizen wat vir haar tydelik blyplek gee.\u003c\/span\u003e\u003cspan\u003eDaar is vonke tussen hulle, maar die tyd is nie reg vir iets meer nie. Theo probeer haar vergeet en trek terug Suid-Afrika toe om op sy familieplaas in die Roggeveld te fokus.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eWanneer Helene se vriendinne ’n dubbele troue in Suid-Afrika reël, kan sy nie nee sê nie. Maar Theo is ook ’n gas en hy en Helene herleef ou gevoelens. Kan hulle die moed vind om liefde ’n tweede kans te gee?\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e*Trixi en die takhaar - Bets Smith\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eGewoonlik kan Trixmari haar ouma Bea se kandidate vir haar trouman maklik afskud, maar motorfietsryer Schalk Pretorius treiter en vlei haar om die beurt tot sy glad nie weet waar sy met hom staan nie.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eTrixmari vind uit dat ’n klomp van haar fisioterapiepasiënte in haar ouma se aftreeoord geteiken is deur ’n bedrieglike belegger.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eSy besluit om self ondersoek in te stel, ten spyte van Schalk se waarskuwings. Voor sy kan keer, is sy in ’n gevaarlike situasie waaruit sy haar nie maklik kan lospraat nie.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e*’n Eerbare man - Beatrix Smith\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eDie de Vries-vroue se geskiedenis het Georgette een ding geleer: ’n eerbare man bestaan nie. Daarom sluit haar sorgvuldig beplande toekoms nie ’n man in nie.\u003cbr\u003eTotdat fotograaf Leo Drake by de Vries Eiendomme instap. Met sy rebelse houding en voorkoms, skep hy wanorde in haar perfekte wêreld – én in haar hart – soveel so dat sy haar standpunt oor huwelike moet heroorweeg.\u003cbr\u003eDie enigste probleem is, Leo glo nie in trou nie, terwyl ’n trouring vir haar ononderhandelbaar is. Sal hul liefde sterk genoeg wees vir ’n sprokieseinde?\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor \u003ca href=\"\/search?q=author:Jaco+Versfeld\"\u003eJaco Versfeld\u003c\/a\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Madelie+Human\"\u003eMadelie Human\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Maril%C3%A9+Cloete\"\u003eMarilé Cloete\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Bets+Smith\"\u003eBets Smith\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Beatrix+Smith\"\u003eBeatrix Smith\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:ROMANZA+NOVEMBER+2026\"\u003eROMANZA NOVEMBER 2026\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:STOOM\"\u003eSTOOM\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Madelie Human,Marilé Cloete,Bets Smith,Beatrix Smith,Jaco Versfeld,ROMANZA NOVEMBER 2026,STOOM","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50535977484451,"sku":"9789000041848","price":467.5,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9789000041848.png?v=1791020585","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/november-2026-romanza-boekpak-met-stoom","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}