Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9789000041695 | Published: April 28, 2026 | Paperback

Mei 2026 Romanza Boekpak

Mei 2026 Romanza Boekpak

Regular price R 374
Regular price R 440 Sale price R 374
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

*Ballade van die liefde - Mari Roberts.
Uit liefde word hul kosbaarste geskenk gebore...
Carli en Ruben ken mekaar al van Graad 1 af. Toe hulle op universiteit trou, is Ruben se ouers hewig daarteen gekant. Ruben verdwyn en Carli vlug, verneder. Kort daarna ontdek sy sy is swanger.
Ses jaar later ontmoet hulle weer toe Ruben die reservaat besoek waar Carli werk. Ruben vind uit hy het 'n dogter en eis dat Carli en hul dogter 'n vakansie saam met hom in die Kaap deurbring.
Kan hulle mekaar weer leer vertrou?

*Harte in harmonie - Felicia Snyman.
Met elke noot en liriek word harte gesteel.
Ná haar musikantpa se dood en 'n liefdesteleurstelling, leef Elara Hartwell vir haar werk as ouditeur. Toe sy gevra word om liedjies te skryf vir sanger Marko Roos, verander alles.
Marko, 'n gebore swerwer, vind in Elara iets wat hom laat twyfel aan die lewe wat hy ken — en vir die eerste keer vra hy homself af of konstante beweging regtig vryheid beteken.
Maar kan 'n man wat gewoond is aan vlug, regtig stilstaan? En kan Elara waag om weer lief te hê?

*Maanskyn en brandewyn - Cecilia Nortjé.
'n Slukkie liefde vir die siel!
Ná 'n mislukte huwelik en jare in die buiteland, besluit Trix om haar lewenskoers te verander. Sy word 'n grimeerkunstenaar op die Wes-Kaapse platteland. Haar eerste kliënt, 'n teësinnige bruid, veroorsaak konflik met die bruid se ouboet, Ray.
Ray is toevallig Trix se nuwe buurman en eienaar van Landauer Distilleerders. Hy wil Trix se plasie hê en begin 'n romanse met haar. Toe dinge versuur, maak Trix uit weerwraak 'n mampoer-proelokaal langs sy distilleerdery oop.
Kan maanskyn en brandewyn versoen?

*Myner van my hart - Mariëtte Wenhold.
Sal sy weer in liefde kan glo?
Katarien Roos, 'n rotsingenieur, keer terug na Suid-Afrika nadat haar ouma 'n beroerte kry. Na 'n verwoestende ervaring is haar werk die enigste plek waar sy suksesvol voel.
Op pad Rustenburg toe kry haar motor 'n pap wiel. Armandt du Toit, beesboer en uitvoerende beampte van Mabewhu Platinummyn, help haar. Hy sien haar vrees en probeer deur haar emosionele skanse breek om haar hart te bereik.
Sal sy hom kan vertrou en haar ware self aan hom wys?

View full details