ISBN: 9780195982688 | Published: October 1, 2016 |
Meerkrag
Meerkrag
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Doen gedigte dit vir jou? Hou jy van stories of stel jy meer in drama belang? Meerkrag is die boek wat jou die kans gee om self te besluit en self te kies. Jy ontmoet van die heel beste skrywers in Afrikaans die wat gereeld met die pryse en lofwoorde wegloop. Jy sal onmiddellik die (nogal uiteenlopende) name herken van Sheila Cussons, Gert Vlok Nel, Antjie Krog, Philip de Vos, Koos Kombuis, Rachelle Greeff, Diana Ferrus, Francois Bloemhof, Dana Snyman, Fanie Viljoen en Petra Muller. Terselfdertyd leer ken jy ook n handvol opwindende nuwer skrywers. En deur die bank skryf die mense soos ons praat stedeling, dorpenaar of plattelander. Elke skrywer se styl is eiesoortig. Elkeen se hart klop anders. Maar as dit by kinders en tieners kom, dink hulle eenders: 'n kind wat lees is 'n kind wat uitstyg. Hulle weet, want dit het hulle ervaar. Boeke bring die hele wye wereld tot in die holte van jou hand. Elke stuk word afgesluit met vrae. Nie om jou of jou onderwyser vas te vra nie, maar juis om die teks vir jou te help oopsluit. Meerkrag is vir jou om te geniet. En van die vertrekpunt die wereld en al sy maltrap mense van nader te leer ken.
Author Rachelle Greeff
Share
