Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780620585156 | Published: July 2, 2020 | Paperback

Die Handdruk van die Dood

Die Handdruk van die Dood

Regular price R 260
Regular price R 0 Sale price R 260
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Dertig jaar gelede het 'n terloopse opmerking in 'n radio-onderhoud vir omroeper Friedel Hansen 'n leidraad na die ware karakter van Eugene Nielen Marais - volksdigter, natuurwetenskaplike, wereldburger - gegee.
Die inligting het gelei tot meer vrae en die weer tot meer feite. Dit was die begin van 'n driedekadelange intellektuele reis deur die kronkelende en soms duister doolhof agter die mites en legendes van die man wat vir die wereld 'Winternag' gegee het. Karakters waarvan ons skaars kennis het word mylpaalfigure in hierdie vertelling, veral die vroue, waarvan die grootste raaisel wentel om die beroemdste en uitspattigste skrywer van haar tyd.
'Die Handdruk van die Dood' plaas Eugene marais waar hy hoort: as 'n eiesoortige produk van sy tyd en die wereld waarin hy geleef het. Hierdie boek is 'n onbevange, eerlike en tog deernisvolle ondersoek na die ware aard van 'n onvolkome genie.

View full details