Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780620652315 | Published: May 1, 2015 | Hardcover

Nalatenskappe sonder einde

Nalatenskappe sonder einde

Author:SAAWK
Regular price R 400
Regular price R 0 Sale price R 400
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Die verhaal van Jannie Marais is een wat die verbeelding aangryp. Dit begin by 'n arm delwer in die tyd van die diamantstormloop, 'n negentienjarige plaasseun van Stellenbosch, wat later skatryk geword het. Maar daar eindig dit nie.
Jannie Marais het ook een van die grootste filantrope in die ge- skiedenis van Suid-Afrika geword. 'n Visionêre idealis wie se skatte nou nog in diens van die nageslag aangewend word. Die instellings wat by sy nalatenskap gebaat het strek van die Afrikaanse taal tot die Universiteit Stellenbosch, met tallose instansies tussenin wat steeds deur sy bemakings gesteun word.
Ná speurtogte wat jare geduur het, kan Pieter Kapp in hierdie boek uiteindelik die boeiende verhaal vertel van 'n merkwaardige man en sy ewe merkwaardige broers. Mense wie se nalatenskappe eers 'n eeu later werklik na waarde geskat kan word. Nalatenskappe sonder einde, die verhaal van Jannie Marais en die Marais-broers is 'n broodnodige boek - juis in dié tyd.

Author Pieter Kapp

Author SAAWK

View full details