Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780620661614 | Published: November 1, 2015 |

Hekel: idees en projekte vir vroue

Hekel: idees en projekte vir vroue

Regular price R 89
Regular price R 280 Sale price R 89
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hekel - idees en patrone vir vroue is 'n waardevolle toevoeging tot enige handwerker se patroonversameling.

Die ontwerper, Karen Adendorff, gee 'n boheemse flair aan hierdie patrone vir 'n moderne en interessante voorkoms. Die uitgangspunt is om weg te breek van tradisionele en outydse style en 'n internasionale varsheid in hekel te vestig.

Die artikels is met plaaslik-vervaardigde brei- en hekeldraad gehekel en word met volkleurfoto's en diagramme toegelig.

Karen Adendorff was tien jaar lank uitgewer van nie-fiksie by LAPA Uitgewers. In hierdie tydperk het sy bykans 100 boeke die lig laat sien. Sy is ook die outeur en samesteller van 12 van haar eie titels. Bykans almal was topverkopers. Haar mees onlangse titels Alles oor hekel (2014) en Alles oor Hekel 2 (2015) haal nog steeds die topverkoperlys.

Sy was die aanbieder van 'n reeks oor kreatiewe herwinningsprojekte op die kykNet-program Droomhuis en lewer op 'n gereelde basis handwerkbydraes vir tydskrifte soos Vrouekeur, Idees en Lig.

View full details