Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780620827812 | Published: April 4, 2019 | Paperback

Vat jou goed en trek Ferreira

Vat jou goed en trek Ferreira

Author:LJ Bothma
Regular price R 340
Regular price R 0 Sale price R 340
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Terwyl die vlaktes duskant Uppington droomverlore in die maanlig gelê het, het ek aan Matt White se woorde gedink: 'I want to die with my boots on.' Miskien was dit ook hoe die Ferreiras wou sterf?
Die ink op die Vredesverdrag van Vereeninging was skaars droog, toe John Hendrik Ferreira en vyf makkers die Kaapkolonie vanuit Duits-Suidwes-Afrika binnegeval het om Suid-Afrika van Britse heerskappy te bevry.
Tien dae lank het die 'Ferreiras' die Kalahari op horings geneem en die Kaapse polisie laat bontstaan.
Mense weet van die bekookte Jameson-inval wat die Anglo-Boereoorlog voorafgegaan het, maar van die Ferreira-inval weet hulle niks nie. Louis Bothma, onafhanklike navorser en skrywer van Die Buffel Struikel, Vang 'n Boer en Rebelspoor - het hierdie vergete episode uit die rooi Kalaharisand gaan opdiep, en soos net hy kan, vir die leser in konteks geplaas.
Nadat hy die een laag geskiedenis na die ander tot op die been oopgevlek het, voer Bothma die verhaal tot 'n dramatiese einde.
Alles het toe mooi uitgewerk. Die Kalahari steek sy geheime onder die sand weg. Goed so dat die houtkruis ook nou onder die sand verdwyn het. Jean en Flip hoef nie meer daardie kruis te dra nie. Hulle is nou vry.

Author LJ Bothma

View full details