Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780620946704 | Published: December 1, 2021 | Paperback

Splintertyd

Splintertyd

Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Dolf van Niekerk se agste digbundel bestaan uit twee dele, 'n ongetitelde Deel 1 en 'n tweede deel met die titel “Korona”. Die eerste deel is 'n baie persoonlike besinning oor die aftakeling van die ouderdom: Die verlies aan beweeglikheid maak “elke tree 'n waagstuk” (“Staan ek met die kruk”), en sy swak oë maak dat “letters saamsmelt in sinlose wasigheid” (“Ballade van sig”. Herinnering speel nou 'n groter rol indie gedigte, maar die bundel sit ook Van Niekerkse denke oor die plek van die mens as verbruiker en verwoester van die aarde se hulpbronne voort. Die abstrakte idees kry konkrete gestalte in motiewe wat vroeër reeds in sy poësie 'n rol gespeel het, soos die wit skoenlapper, bome en duiwe.

Die gedigte in die tweede afdeling het inhoudelik meestal te make met Van Niekerk se oorlewingstryd teen die koronavirus. Op aangrypende wyse skryf hy oor die afsondering en verwarring wat hy in die intensiewe sorgsaal ervaar het. In die laaste gedigte verbeeld hy sy nabydoodervaring, soos “'n tollende pop” in 'n storm, wat nie meer sy verlede kan vasgryp nie. Die bundel eindig met die visioenêre “Aan die oewer van die stroom” waarin 'n stem hom terugdwing na die lewe en “die ewige kwarantyn binne die self” deurbreek word.

View full details