Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780620956406 | Published: April 13, 2023 |

Liedjes Liedjies

Liedjes Liedjies

Regular price R 230
Regular price Sale price R 230
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Wijnberg se poësie word gekenmerk deur helder, byna deursigtige taal. In hierdie bundel is daar ’n durende soeke na die regte woorde waarmee ragfyne verhoudings, vervlietende oomblikke en eenvoudige dinge soos die geur van appels, ’n tuin, ’n voël in die lug, ’n sonsondergang of die nabyheid van mense bestendig kan word. Liedjies moet soms herstel wat gebreek het, soms die vergeet besweer, soms naboots wat net half onthou word. Al is daar musiek, dans en grappe, soek die digter steeds na dié liedjie wat dalk iewers bly lê het en wat dalk die droefheid oor wat verbygaan en verlore is, kan besweer.

Oor die outeur
Nachoem Wijnberg debuteer in 1989 as digter en het sedertdien 18 digbundels en vyf romans gepubliseer. Vir sy poësie het hy onder meer die Ida Gerhardt-, VSB- en P.C. Hoofdprys ontvang.
Wijnberg is hoogleraar in Kulturele Ekonomie en Ondernemerskap aan die Sakeskool van die Universiteit van Amsterdam.

View full details