ISBN: 9780620971492 | Published: September 5, 2021 | Paperback
Smee
Smee
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
In sy debuut as digter ontgin die sielkundige en visuele kunstenaar Gerhard Barkhuizen (1956) onder meer die wisselwerking tussen woord en beeld. Net soos metaal kan woorde gesmelt, gegiet, gesmee en gesweis word om nuwe en verrassende vorms te skep. Die afgebeelde kunswerke in dié uitsonderlike bundel is almal van sy hand. Benewens die beeldende kuns handel sy gedigte ook oor ervarings uit sy nomadiese jeug, sy buitelandse reise en praktyk as sielkundige. In Smee is ’n ambagtelike en woordvaardige kunstenaar aan die werk. Dit is verse dié waaruit die vonke spat.
Author Gerhard Barkhuizen
Share
