ISBN: 9780620980845 | Published: December 8, 2022 | Paperback
Skeletaal
Skeletaal
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Die drang om die ongesiende en ongehoorde oop te dek loop soos ’n slagaar deur Skeletaal: die binnegoed van ’n krap, die woordlose boodskap van ’n komeet oor die Karoo, die kodes van die taal van gekweldes en hul heelmeesters insgelyks, die betekenis van simbole/rituele van manlikheid soos jag, sport en die najaag van rykdom, die waarde van ’n netjiese kapsel vir ’n vrou wat seniel raak. Franco Colin dig met begrip en erbarming oor dié wat nie naatloos/netjies inpas in die gewone wêreld nie – die anoreksiese vrou, die psigotiese kunstenaar, die man wat seniel word en die outistiese kind. Ook die kwesbaarheid van kunstenaars wat uitdaag en ontwrig vind op gevoelige wyse neerslag in verse wat die leser eweneens dwing om vooroordele te konfronteer. Colin skryf met begrip oor die stemlose kwesbares van die samelewing.
Author Franco Colin
Share
